Serfontein Boerdery Agtergrond Ikoon

Missie en Visie

Ons Missie en Visie by Serfontein Boerdery is om altyd te streef na ‘n volhoubare besigheid deur die hoogste moontlike produksie van die hoogste kwaliteit vrugte te lewer en dit teen die beste prys van die hand te sit met die inagname van die natuurlike en sosiale omgewing.  Dit sal nie net die langtermyn lewensvatbaarheid van die besigheid verseker nie, maar ook die lewenskwaliteit in die Sondagsriviervallei as ‘n geheel verbeter.

Die Boerdery streef daarna om alle struikelblokke te oorkom en sukses te bereik.

Om te boer is nie net ons beroep nie maar ons passie!

Serfontein Boerdery Agtergrond Ikoon

Serfontein Boerdery Agtergrond

Die Serfontein Boerdery besigheid is geleë in die prentjie-mooi Sondagsriviervallei van die Oos-Kaap, Suid-Afrika, tussen Kirkwood en Addo.   Hier word uitsluitlik met hoë gehalte sitrusvrugte geboer wat dan ook eksklusief vir die uitvoermark bestem is.  Ons vrugte word oral oor die wêreld geniet,  insluitend Europa, die Midde-Ooste, die Verre Ooste, en vele meer.

Die Serfontein Boerdery is al generasieslank in familie besit en het met die jare uitgebrei om tred te hou met mark- en ekonomiese vereistes.  Sodoende het die boerdery sterk gegroei om ‘n  groot werkvoorsiener in die area te word.

Serfontein Boerdery bestaan uit die volgende plase:

  • Jan-An
  • Nie Te Ver
  • Uitsig
  • Sunny Cove
  • Zoutklip
  • Atmar
  • Riverside 2
  • Saint Michaels
  • Harveyton
Serfontein Boerdery Agtergrond Ikoon

Hektaar Sitrus

10

Serfontein Boerdery Agtergrond Ikoon

Persent Heerlik

99

Serfontein Boerdery Agtergrond Ikoon

Serfontein Boerdery Geskiedenis

At Serfontein (oorlede 1978) het die boerdery in die vroeë 1900’s begin. Hy het oorspronklik op Oudtshoorn met volstruise geboer voordat hy na Kirkwood verhuis het waar hy sy loopbaan as plaasbestuurder op die buurplaas begin het.   Hy het stelselmatig grond bygekoop totdat hy voldoende grond besit het om sy eie suksesvolle boerdery op die been te bring.  Met harde werk en deursettingsvermoë is die oorspronklike 20 ha waarmee hy begin het, ook verder uitgebrei.

At Serfontein se seun Jannie Serfontein het sy vader met die boerdery bygestaan en het dan ook na sy vader se dood Serfontein Boerdery oorgeneem.  Jannie het hier vir omrent 60 jaar geboer en hy is in 2019 op die rype ouderdom van 83 hier oorlede.

Jannie Serfontein se twee seuns, André en Merwe, het op hul beurt die derde generasie geraak om die boerdery oor te neem, met  André die eerste om saam met sy pa te boer.  Nadat Merwe vir die Departement van Landbou gewerk het hy ook hom ook by hulle aangesluit.  Deur die jare en met elke generasie het die plaas voortdurend gegroei.  In 2018 het André sy broer, Merwe, se grond oorgekoop en is hy nou die alleen-eienaar van Serfontein Boerdery.  Merwe, met sy jare se ervaring en diep boerdery kennis, lewer steeds ‘n groot bydrae tot die boerdery bedrywighede.

André en sy vrou, Ronél, woon op die plaas saam met hulle twee kinders Jandré en Karli wat nou ook die vierde geslag geword het om die besigheid uit te bou.

Serfontein Boerdery Agtergrond Ikoon
Serfontein Boerdery Agtergrond Ikoon
Serfontein Boerdery Agtergrond Ikoon

André Serfontein

André se Doelwitte

  • Om ‘n suksesvolle besigheid te bedryf en om alle pogings aan te wend om in hierdie moeilike tye ons voortbestaan te verseker.
  • Om die agtergeblewenes op te hef en om sodoende ook hulle voortbestaan te verbeter. Dit sluit in, opvoeding en opleiding – onder andere, om seker te maak dat alle kinders op die plaas skool toe gaan en dat die werkers ‘n gesonde lewenswyse handhaaf.
  • Ons absolute strewe en doel is om saam ‘n suksesvolle besigheid, wat tot almal se voordeel sal strek, te bedryf .
Serfontein Boerdery Agtergrond Ikoon

Jandré Serfontein

Serfontein Boerdery Agtergrond Ikoon

Serfontein Boerdery Werknemers

Ruan Wilkon

Plaasbestuurder by Jan-An

Nico Josling

Plaasbestuurder by Uitsig Boerdery

Morné Jansen van Vuuren

Plaasbestuurder by Riverside / Logistieke bestuurder

Nico Grobler

Plaasbestuurder by Uitsig Boerdery

Louis Koen

Plaasbestuurder by Nie Te Ver, Harveyton, St Michaels en Sunny Cove

Phillip Fourie

Plaasbestuurder by Atmar & Zoutklip

Gordon Booysen

Voorman

 Lawrence Jinikwe

Voorman by Atmar & Zoutklip

Anri Heenen

Administratiewe bestuurder van Werkswinkel

Alex Maart

Hoof Werktuigkundige

Alex Maart Junior

Werktuigkundige

Karli Serfontein

Kantoor personeellid

Yolandie Barnard

Kantoor personeellid

Raylene van Wyk

Kantoor personeellid

Serfontein Boerdery Agtergrond Ikoon

Serfontein Boerdery Gallery

Orchard Citrus Run

Ons doen elke jaar die Orchard Citrus Run vir die goeie doel om geld in te samel vir Kirkwood Life Esidimeni Care Centre. Hierdie jaar (2019) was baie pret! Goeie gees en spanbou!

Van links na regs: Louis, Morné, Wayne en Emmanuel