Heuningklip Wildsplaas

Die Wildsplaas van amper 3000 ha is in 2015 deur André aangekoop, en is 30 km buite Steytlerville in die Oos-Kaap geleë.

Daar is verskeie wildspesies op die plaas soos kudu’s, rooibokke, springbokke, bergkwaggas, blesbokke, goue wildebeeste, volstruise, duikers, vlakvarke, bosvarke, steenbokke, klipspringers en verskeie ander.  Nog wildspesie aankope word tans beoog.  Daar word ook op klein skaal met dorper skaap geboer.

Die plaas beskik oor ‘n pragtige Lodge wat ‘n lieflike uitsig oor die Karrooplaas bied.  Ons toekomsvisie is om dit met verdere ontwikkelinge en uitbreidings in ‘n eksklusiewe toerisme onderneming te omskep.

Die Wildsplaas is ons passie en liefde.

heuningklip wildsplaas logo

Heuningklip Wildsplaas Gallery